Genesis 29:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sy het weer swanger geword en 'n seun gebaar; en gesê: Nou sal my man hierdie keer by my aansluit, omdat ek vir hom drie seuns gebaar het. Daarom is sy naam Levi genoem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sy het nog ’n keer swanger geword en ’n seun in die wêreld gebring. Sy het hom Levi genoem, “want,” het sy gesê, “my man sal nou sekerlik aan my geheg raak omdat ek nou al vir hom drie seuns gegee het!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En sy het weer bevrug geword en 'n seun gebaar en gesê: Nou eindelik sal my man aan my geheg wees, omdat ek vir hom drie seuns gebaar het. Daarom het sy hom Levi genoem. |
| Afrikaans 1983 | Sy het weer swanger geword en 'n seun in die wêreld gebring. Toe sê sy: “Na hierdie keer sal my man aan my gebind wees, want ek het nou al drie seuns vir hom in die wêreld gebring.” Daarom het sy die seun Levi genoem. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy het weer swanger geword en aan 'n seun geboorte gegee. Toe sê sy: “Uiteindelik sal my man hom nou by my aansluit, want ek het al vir hom drie seuns in die wêreld gebring.” Daarom het sy hom Levi genoem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Lea weer swanger word en nog 'n seun kry, sê sy: “Nou sal my man baie meer lief wees vir my, want ek het drie seuns vir hom gekry.” Daarom het sy hom Levi genoem. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nog ’n seun is gebore en Lea het gesê: “My man sal my nou werklik liefhê omdat ek vir hom drie seuns gegee het.” Sy het die seun Levi genoem. |