Genesis 29:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sy het weer bevrug geword en 'n seun gebaar; en gesê: Omdat die HERE gehoor het dat ek gehaat is, het Hy my ook hierdie seun gegee; en sy het hom Símeon genoem.
Afrikaans (NLV) 2011 Sy het weer swanger geword en nog ’n seun in die wêreld gebring. Sy het hom Simeon genoem, “want,” het sy gesê, “die Here het gehoor dat ek minder geliefd is. Daarom het Hy my nog ’n seun gegee.”
Afrikaans 1933/1953 En sy het weer bevrug geword en 'n seun gebaar en gesê: Gewis, die HERE het gehoor dat ek die nie-geliefde is en my hierdie een ook gegee. En sy het hom S¡meon genoem.
Afrikaans 1983 Lea het weer swanger geword en 'n seun in die wêreld gebring en sy het gesê: “Die Here het gehoor dat ek nie liefde ontvang nie. Daarom het Hy my hierdie seun gegee.” Sy het hom Simeon genoem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy het weer swanger geword en aan 'n seun geboorte gegee. Toe sê sy: “Ja, die Here het gehoor dat ek die nie-geliefde is, want Hy het my ook hierdie seun gegee.” En sy het hom Simeon genoem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Later het sy weer swanger geword en sy het nog 'n seun gekry. Toe sê sy: “Die Here het gesien dat Jakob minder lief is vir my, en Hy het vir my ook hierdie seun gegee.” Daarom het sy hom Simeon genoem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sy het weer ’n seun gehad en gesê: “Die Here het gehoor dat Jakob my nie liefhet nie, en daarom het Hy my hierdie kind gegee.” Sy het hom Simeon genoem.