Genesis 29:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Lea het swanger geword en 'n seun gebaar, en sy het hom Ruben genoem; want sy het gesê: Waarlik, die HERE het my ellende gesien; nou daarom sal my man my liefhê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Lea het swanger geword en ’n seun in die wêreld gebring en hom Ruben genoem, “want,” het sy gesê, “die Here het my verdriet gesien; dalk sal my man my nou liefhê.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Lea het bevrug geword en 'n seun gebaar en hom Ruben genoem; want sy het gesê: Gewis, die HERE het my ellende aangesien, want nou sal my man my liefhê. |
| Afrikaans 1983 | Lea het swanger geword en 'n seun in die wêreld gebring en hom Ruben genoem, “want,” het sy gesê, “die Here het my smart raakgesien. Nou sal my man my liefhê.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Lea het swanger geword en aan 'n seun geboorte gegee. Sy het hom Ruben genoem, want sy het gesê: “Ja, die Here het my ellende raakgesien, want nou sal my man my liefhê.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Lea het swanger geword en sy het 'n seun gekry. Sy het hom Ruben genoem. Sy het gesê: “Die Here het gesien dat ek swaarkry. Nou sal my man vir my ook lief wees.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Lea het ’n seun in die wêreld gebring en hom Ruben genoem en gesê: “Die Here het my hartseer raakgesien. Nou sal my man my uiteindelik liefhê.” |