Genesis 29:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het ook by Ragel ingegaan en Ragel ook meer liefgehad as Lea, en nog sewe jaar by hom gedien. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jakob het toe ook by Ragel gaan slaap. Hy het haar baie liewer gehad as vir Lea en nog ’n verdere sewe jaar vir Laban gewerk. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het ook by Ragel ingegaan en Ragel ook meer liefgehad as Lea. En hy was by hom nog sewe jaar in diens. |
| Afrikaans 1983 | Jakob het ook met Ragel gemeenskap gehad. Hy het vir Ragel baie liewer gehad as vir Lea en nog sewe jaar by Laban gewerk. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jakob het ook by Ragel ingegaan. Hy het dan ook vir Ragel meer liefgehad as vir Lea. So het hy 'n verdere sewe jaar by Laban gewerk. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jakob het ook met Ragel seks gehad, en hy was meer lief vir Ragel as vir Lea. Hy het nog sewe jaar lank vir Laban gewerk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jakob het by Ragel geslaap en hy was baie lief vir haar. Hy het haar liewer gehad as vir Lea. En hy het nog sewe jaar vir Laban gewerk. |