Genesis 29:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar is al die kleinvee versamel, en hulle het die klip uit die bek van die put gerol en die skape natgelei en die klip weer op die bek van die put in sy plek gesit.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit was die gebruik om te wag totdat al die troppe by die put is voordat hulle die klip wegrol. Nadat die vee gedrink het, rol hulle die klip weer terug oor die put.
Afrikaans 1933/1953 En as al die troppe daar bymekaarkom, rol hulle die klip weg van die opening van die put en laat die vee drink; daarna sit hulle die klip weer op die opening van die put op sy plek.
Afrikaans 1983 en wanneer al die veetroppe daar bymekaar is, rol die wagters die klip weg en dan gee hulle vir die vee water. Daarna sit hulle weer die klip terug op sy plek op die bek van die put.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer al die troppe daar bymekaar was, het hulle die klip weggerol van die opening van die put en die kleinvee water gegee. Dan het hulle die klip teruggeplaas op sy plek oor die opening van die put.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer al die troppe skape en bokke daar bymekaar was, dan het die skaapwagters die klip weggerol van die put en dan het hulle vir die diere water gegee. Daarna het hulle die klip op die put teruggesit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Bo-oor die put was daar ’n groot klipdeksel. Eers as al die herders saamgekom het, kon hulle die swaar deksel wegstoot. As al die skape klaar gedrink het, het hulle die steendeksel weer teruggerol.