Genesis 29:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Jakob het so gedoen en haar week volbring, en hy het sy dogter Ragel ook aan hom as vrou gegee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jakob het ingestem. ’n Week na die huwelik met Lea het Laban ook Ragel as vrou vir hom gegee. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Jakob het so gedoen: hy het die volle bruilofsweek met haar gehou. Toe gee hy sy dogter Ragel aan hom as vrou. |
| Afrikaans 1983 | Jakob het ingestem en daardie week gewag. Toe gee Laban sy dogter Ragel vir hom as vrou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jakob het toe so gemaak. Hy het die week met haar voltooi. Toe gee Laban sy dogter Ragel vir hom as vrou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jakob het gedoen wat Laban gevra het. Jakob het gewag totdat die week verby was. Toe gee Laban sy dogter Ragel vir Jakob en sy het ook Jakob se vrou geword. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jakob het ingestem. ’n Week lank het hy die huweliksfees gevier. Aan die einde van die feestyd het Laban toe Ragel vir hom as vrou gegee. |