Genesis 29:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Voltooi haar week, en ons sal dit ook vir jou gee vir die diens wat jy nog sewe jaar saam met my moet dien.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wag totdat die huweliksweek verby is, dan gee ek Ragel ook vir jou op voorwaarde dat jy nog ’n verdere sewe jaar vir my werk.”
Afrikaans 1933/1953 Hou die volle bruilofsweek met haar; dan sal ons jou die ander een ook gee vir die diens wat jy nog sewe jaar by my moet volbring.
Afrikaans 1983 Wag net hierdie week, dan gee ek die jongste ook vir jou as jy nog sewe jaar by my sal werk.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Voltooi hierdie een se week, dan gee ons vir jou ook die ander een vir die diens wat jy by my sal lewer vir 'n verdere sewe jaar.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer hierdie week verby is, dan sal ek my jongste dogter ook vir jou gee, maar dan moet jy nog sewe jaar vir my werk.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vier tog hierdie week die huweliksfees saam met ons, dan sal ek Ragel ook vir jou gee. Ek beloof jou, maar dan moet jy nog sewe jaar vir my werk.”