Genesis 29:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Laban: So moet dit nie in ons land gedoen word om die jongste voor die eersgeborene te gee nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Dis nie ons gebruik dat ’n jonger dogter voor die oudste een trou nie,” antwoord Laban.
Afrikaans 1933/1953 En Laban antwoord: Dit is hier by ons nie die gewoonte om die jongste voor die oudste weg te gee nie.
Afrikaans 1983 Laban het geantwoord: “By ons is dit nie die gebruik dat 'n mens jou jongste dogter voor die oudste laat trou nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Laban het geantwoord: “Dit word nie hier by ons so gedoen nie – om die jongste dogter voor die eersgeborene af te gee nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê Laban: “Hier by ons laat ons nie die jongste dogter voor die oudste trou nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kom nou, kom nou,” het Laban gesê. “Hier by ons gebeur dinge anders. Hier trou ’n mens eers met die oudste dogter en dan met die jongste.