Genesis 29:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit het gebeur dat toe die môre kom, sien hy dit was Lea, en hy het vir Laban gesê: Wat het jy dit aan my gedoen? het ek nie saam met jou vir Ragel gedien nie? waarom het jy my dan bedrieg?
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Jakob die volgende oggend wakker word, sien hy met skok dis Lea! “U het my bedrieg!” sê Jakob vir Laban. “Ek het sewe jaar lank vir u gewerk om Ragel te kry! Hoekom het u my verkul?”
Afrikaans 1933/1953 En die anderdagmôre -- daar was dit Lea! Daarom het hy aan Laban gesê: Wat het u my nou aangedoen? Was ek nie vir Ragel by u in diens nie? Waarom het u my dan bedrieg?
Afrikaans 1983 Die môre sien Jakob toe dis al die tyd Lea. Toe vra hy vir Laban: “Wat het u my aangedoen? Het ek nie by u gewerk vir Ragel nie? Waarom het u my bedrieg?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe dit oggend word, toe is dit Lea! Hy het vir Laban gesê: “Wat het u my aangedoen? Was dit nie vir Ragel wat ek vir u gewerk het nie? Waarom het u my mislei?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die volgende oggend het Jakob gesien dit is Lea wat sy vrou geword het. Toe sê hy vir Laban: “Wat het jy aan my gedoen? Ek het by jou gewerk om vir Ragel te kry. Hoekom het jy my bedrieg?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Teen dagbreek het Jakob ontdek hy is bedrieg. Langs hom was Lea en nie Ragel nie. Woedend het hy Laban toegesnou: “Wat het jy aan my gedoen? Ek het sewe jaar vir jou gewerk sodat ek Ragel kon kry en toe bedrieg jy my. Hoekom het jy dit gedoen?”