Genesis 29:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Jakob vir Laban: Gee my vrou, want my dae is vervul, dat ek by haar kan ingaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die tyd verby was, sê Jakob vir Laban: “Ek het my deel van die ooreenkoms nagekom. Gee haar nou vir my sodat ons kan trou.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê Jakob vir Laban: Gee tog my vrou, want my dienstyd is om, dat ek by haar kan ingaan. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het hy vir Laban gesê: “Gee my nou my vrou. Die tyd is verby. Ek wil nou met haar trou.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jakob sê toe vir Laban: “Gee my vrou, want my dienstyd is voltooi. Ek wil by haar ingaan. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ná die sewe jaar sê Jakob vir Laban: “Gee nou my vrou vir my, want die sewe jaar is verby en ek wil met haar trou.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op ’n dag het Jakob vir Laban gesê: “My sewe jaar is verby. Gee Ragel asseblief vir my sodat ek by haar kan gaan slaap.” |