Genesis 29:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Jakob het sewe jaar vir Ragel gedien; en dit het vir hom net 'n paar dae gelyk, vanweë die liefde wat hy vir haar gehad het.
Afrikaans (NLV) 2011 Jakob het toe sewe jaar gewerk om Ragel as vrou te kry. Maar hy het haar so liefgehad dat dit vir hom soos ’n paar dae was.
Afrikaans 1933/1953 So het Jakob dan sewe jaar gedien vir Ragel; en hulle was in sy oë soos 'n paar dae, omdat hy haar liefgehad het.
Afrikaans 1983 Jakob het toe sewe jaar gewerk vir Ragel, en dit was vir hom soos 'n paar dae, want hy het haar liefgehad.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jakob het toe sewe jaar gewerk vir Ragel. In sy oë was dit soos 'n paar dae, want hy was lief vir haar.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jakob het sewe jaar lank gewerk om Ragel te kry, maar dit het vir hom so kort gevoel soos 'n paar dae, want hy was baie lief vir haar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) So het Jakob vir Ragel gewerk. Sewe jaar lank! En dit was glad nie eens vir hom moeilik nie. Dit het soos ’n paar dae gevoel, want hy was baie lief vir Ragel.