Genesis 29:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het gekyk en daar was 'n put in die veld, en kyk, daar het drie troppe skape daarby gelê; want uit daardie put het hulle die kleinvee natgegooi, en 'n groot klip was op die mond van die put.
Afrikaans (NLV) 2011 Op ’n afstand sien hy toe onverwags ’n put in die veld en tot sy verbasing sien hy ook drie troppe kleinvee wat daar lê en wag om te drink! ’n Swaar klip was oor die opening van die put.
Afrikaans 1933/1953 En meteens sien hy 'n put in die veld en drie troppe kleinvee wat daarby lê, want uit die put het hulle die vee laat drink; en daar was 'n groot klip op die opening van die put.
Afrikaans 1983 Hy het onverwags uitgekom by 'n put in die veld waar drie troppe kleinvee lê. Die wagters het die kleinvee by hierdie put laat suip. Daar was 'n groot klip op die bek van die put,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy sien toe meteens 'n put in die veld. En kyk, daar was drie troppe kleinvee wat daar rus, want uit hierdie put het hulle die troppe kleinvee water gegee. Die klip oor die opening van die put was groot.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy sien toe 'n put in die veld, en drie troppe skape en bokke rondom die put. Die skape en bokke het altyd water gedrink uit hierdie put, maar daar was 'n groot klip op die put.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Skielik sien hy iets. Daar, net daar waar drie troppe skape wei, was ’n put, ’n waterput waaruit die skape gedrink het.