Genesis 29:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Lea het teer oë gehad; maar Ragel was pragtig en goed begunstig.
Afrikaans (NLV) 2011 Lea het sagte oë gehad, maar Ragel was baie aantreklik en het ’n pragtige figuur gehad.
Afrikaans 1933/1953 En Lea het dowwe oë gehad, maar Ragel was skoon van gestalte en mooi van aansien.
Afrikaans 1983 Lea het sagte oë gehad, maar Ragel was mooi gebou. Sy was beeldskoon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Lea se oë was dof, maar Ragel het 'n mooi voorkoms gehad; sy was beeldskoon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Lea se oë was nie mooi nie, maar Ragel was 'n baie mooi vrou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Lea het baie mooi oë gehad, maar Ragel, die jongste, was baie mooi.