Genesis 29:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laban sê vir Jakob: Omdat jy my broer is, moet jy my dan verniet dien? sê vir my, wat sal jou loon wees?
Afrikaans (NLV) 2011 sê Laban vir hom: “Jy hoef darem nie verniet vir my te werk net omdat ons familie is nie. Wat wil jy as betaling hê?”
Afrikaans 1933/1953 Daarop het Laban aan Jakob gevra: Sou jy my verniet dien, omdat jy my broer is? Sê my wat jou loon moet wees.
Afrikaans 1983 het Laban vir Jakob gesê: “Jy is familie, maar dit beteken nie dat jy vir my verniet moet werk nie. Sê vir my wat moet ek jou betaal.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarna sê Laban vir Jakob: “Is dit omdat jy bloedfamilie is dat jy verniet vir my moet werk? Sê vir my wat jou vergoeding moet wees.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê Laban vir Jakob: “Jy is familie van my, maar jy moenie vir my verniet werk nie. Sê vir my wat ek jou moet betaal.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Na ’n maand het Laban vir Jakob gesê: “Al is jy deel van ons, gaan jy nie verniet vir my werk nie. Hoeveel moet ek jou ’n maand betaal? Maak jou sommetjies en sê my dan.”