Genesis 29:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jakob het vir Ragel vertel dat hy haar vader se broer was en dat hy die seun van Rebekka was; en sy het gehardloop en haar vader vertel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy verduidelik toe vir Ragel dat hy haar neef is, die seun van haar tante Rebekka. Ragel hardloop toe vinnig en gaan vertel dit vir haar pa Laban. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Jakob het Ragel vertel dat hy haar vader se broer en die seun van Rebekka was. Daarop het sy geloop en dit aan haar vader vertel. |
| Afrikaans 1983 | Nadat hy vir haar gesê het hy is familie, Rebekka se seun, het sy gehardloop en dit vir haar pa gaan vertel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jakob vertel toe vir Ragel dat hy bloedfamilie van haar vader is, en dat hy Rebekka se seun is. Sy het gehardloop en dit vir haar vader gaan vertel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het vir Ragel vertel dat hy familie is van haar pa, en dat hy Rebekka se seun is. Ragel hardloop toe huis toe en vertel dit vir haar pa. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe het hy haar alles vertel. Van sy pa en sy pa se mense. Van sy ma, Rebekka, en hoe dit met haar gaan. Ragel was oorstelp. Sy het na haar pa toe gehardloop en hom alles vertel. |