Genesis 28:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) het Esau na Ismael gegaan en vir sy vrouens geneem vir Mahalat, die dogter van Ismael, Abraham se seun, die suster van Nebajot, om vir hom as vrou te wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom gaan hy na sy oom Ismael toe en trou met Magalat, dogter van Abraham se seun Ismael, en suster van Nebajot. Dit was benewens die vroue wat hy reeds gehad het.
Afrikaans 1933/1953 het Esau na Ismael gegaan en M halat, die dogter van Ismael, die seun van Abraham, die suster van N,bajot, by sy vroue vir hom as vrou geneem.
Afrikaans 1983 Daarom het Esau na Ismael toe gegaan, en by die vrouens wat hy gehad het, nog 'n vrou gevat: Magalat dogter van Ismael, Abraham se seun. Sy was die suster van Nebajot.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Esau het toe na Ismael gegaan en by die vroue wat hy reeds gehad het, ook Magalat, die dogter van Ismael, seun van Abraham, en suster van Nebajot, vir hom as vrou geneem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe gaan Esau na Ismael toe. Ismael was Abraham se seun. Esau het ander vroue gehad, maar hy trou toe ook met Magalat, Ismael se dogter. Sy was Nebajot se suster.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het besluit om na sy oom Ismael toe te gaan. Ismael was ’n ander seun van Abraham by ’n Egiptiese vrou, Hagar. Esau het reeds vroue gehad, maar het toe ook nog met Ismael se dogter Magalat getrou. Sy was die suster van Nebajot.