Genesis 28:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | en toe Esau sien dat die dogters van Kanaän sy vader Isak nie behaag het nie; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit was vir Esau duidelik dat sy pa nie van die plaaslike Kanaänitiese vroue gehou het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | en toe Esau sien dat die dogters van Kanaän sleg was in die oë van sy vader Isak, |
| Afrikaans 1983 | het Esau geweet dat sy pa Isak nie van die Kanaänitiese meisies gehou het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So het Esau besef dat die Kanaänitiese vroue sleg was in Isak, sy vader, se oë. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het besef dat sy pa Isak nie van die meisies van Kanaän hou nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Esau het hieroor nagedink en besef dat sy Kanaänitiese vroue vir sy pa ’n bitter ding is. |