Genesis 28:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe Esau sien dat Isak Jakob geseën het en hom na Paddan-Aram laat gaan het om vir hom daarvandaan 'n vrou te neem; en terwyl hy hom seën, het hy hom bevel gegee en gesê: Jy mag geen vrou neem uit die dogters van Kanaän nie;
Afrikaans (NLV) 2011 Esau het geweet dat sy pa vir Jakob geseën en Paddan-Aram toe gestuur het om daar ’n vrou te kry. Toe hy Jakob geseën het, het hy hom gewaarsku: “Jy moenie met ’n Kanaänitiese meisie trou nie.”
Afrikaans 1933/1953 Toe Esau sien dat Isak Jakob geseënen hom na Paddan-Aram weggestuur het om daar vir hom 'n vrou te gaan haal, terwyl hy hom geseënen hom bevel gegee het met die woorde: Jy mag geen vrou uit die dogters van Kanaän neem nie;
Afrikaans 1983 Esau het te wete gekom dat Isak afskeid geneem het van Jakob en dat Isak hom na Paddan-Aram toe gestuur het om daar te gaan trou, want toe Isak vir Jakob gegroet het, het hy vir hom gesê: “Jy mag nie met 'n Kanaänitiese meisie trou nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Esau het besef dat Isak vir Jakob geseën en hom na Paddan-Aram gestuur het om vir hom daarvandaan 'n vrou te bring, en dat Isak, toe hy hom geseën het, hom beveel het, “Jy mag nie 'n vrou uit die Kanaänitiese vroue neem nie,”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Esau het gesien dat Isak vir Jakob geseën het en hom weggestuur het na die land Paddan-Aram. Isak het vir Jakob gesê dat hy moet gaan trou met een van daardie meisies. Isak het hom geseën en gesê hy mag nie trou met een van die meisies van die land Kanaän nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Esau was van alles bewus. Hy het gesien toe Isak vir Jakob gegroet het. Hy het gehoor hoe sy pa vir Jakob geseën het en vir hom gesê het om tog nie met ’n Kanaänitiese vrou te trou nie.