Genesis 28:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Isak het Jakob weggestuur, en hy het na Paddan-ram gegaan na Laban, die seun van Betuel, die Arameër, die broer van Rebekka, die moeder van Jakob en Esau. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Isak het toe vir Jakob weggestuur. Hy het na Paddan-Aram toe vertrek, na sy ma se broer Laban, die seun van Betuel die Arameër. |
| Afrikaans 1933/1953 | So het Isak Jakob dan weggestuur, en hy het na Paddan-Aram gegaan, na Laban, die seun van B,tuel, die Arameër, die broer van Rebekka, die moeder van Jakob en Esau. |
| Afrikaans 1983 | So het Isak toe vir Jakob weggestuur, en hy is na Paddan-Aram toe, tot by die Arameër Betuel se seun Laban, broer van Rebekka die ma van Jakob en Esau. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So het Isak vir Jakob weggestuur, en hy het na Paddan-Aram gegaan, na Laban, seun van Betuel, die Arameër, die broer van Rebekka, Jakob en Esau se moeder. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | So het Isak vir Jakob weggestuur. Jakob het na Paddan-Aram gegaan, na die Arameër Laban toe. Laban was die seun van Betuel en die broer van Rebekka. Rebekka was Jakob en Esau se ma. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Isak het sy seun gegroet en Jakob is daar weg. Hy het reguit koers gekies Paddan-Aram toe. Hy was op pad na sy oom Laban toe. Laban was die seun van Betuel, die Arameër en die broer van Rebekka, Jakob en Esau se ma. |