Genesis 28:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Gee jou die seën van Abraham, aan jou en jou nageslag saam met jou; dat jy die land kan beërwe waarin jy 'n vreemdeling is wat God aan Abraham gegee het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy en jou nageslag sal die beloftes aan Abraham ontvang. Hierdie land waar ons nou as vreemdelinge woon, sal die eiendom van jou nageslag word, want God het dit reeds aan Abraham gegee.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En mag Hy jou gee die seën van Abraham, aan jou en jou nageslag saam met jou, dat jy die land van jou vreemdelingskap in besit kan neem wat God aan Abraham gegee het. |
| Afrikaans 1983 | Hy sal jou die seën laat toekom wat Hy aan Abraham gegee het: jy en jou nageslag sal die land waarin jy woon, as besitting ontvang, die land wat God aan Abraham gegee het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Mag Hy vir jou die seën van Abraham gee, vir jou en jou nageslag saam met jou, sodat jy die land waar jy as •vreemdeling woon, in besit kan neem – die land wat God vir Abraham gegee het.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God sal jou seën soos Hy vir Abraham geseën het. Hy sal jou en ook jou nageslag seën. Hy sal vir jou die land gee waar jy nou 'n vreemdeling is. Dit is die land wat Hy vir Abraham gegee het. Dit sal jou land wees.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mag die Here so naby aan jou en jou nageslag wees soos Hy vroeër naby aan Abraham was. En mag die Here vir jou die land gee waarop jy nou as vreemdeling loop; die land wat die Here destyds al aan Abraham beloof het.” |