Genesis 28:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En God, die Almagtige, seën jou en maak jou vrugbaar en vermeerder jou, sodat jy 'n menigte van mense kan wees; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Mag God die Almagtige jou seën en vir jou baie kinders gee. Mag Hy jou ’n groot nasie maak. |
| Afrikaans 1933/1953 | En mag God, die Almagtige, jou seën en jou vrugbaar maak en jou vermeerder, sodat jy 'n menigte van volke kan word. |
| Afrikaans 1983 | God die Almagtige sal jou seën: Hy sal jou vrugbaar maak en jou 'n groot nageslag gee. Jy sal 'n baie groot volk word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Mag God, die Almagtige, jou seën, jou vrugbaar en talryk maak, sodat jy 'n skare van volke word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God die Almagtige sal jou seën. Hy sal jou vrugbaar maak en Hy sal vir jou 'n groot nageslag gee. Jy sal die voorvader van 'n baie groot volk word. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | En mag die almagtige God jou help. Mag Hy by jou wees en mag jy baie kinders hê. En mag jou nageslag so groot wees dat julle sommer ’n groot volk sal word. |