Genesis 28:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hierdie klip wat ek as gedenksteen opgerig het, sal 'n huis van God wees; en van alles wat jy my gee, sal ek sekerlik die tiendes aan jou gee.
Afrikaans (NLV) 2011 Hierdie gedenkteken sal ’n plek wees waar God aanbid word. Van alles wat U vir my gee, sal ek vir U ’n tiende afstaan.”
Afrikaans 1933/1953 En hierdie klip wat ek as gedenksteen opgerig het, sal 'n huis van God wees, en van alles wat U my gee, sal ek aan U sekerlik die tiendes afstaan.
Afrikaans 1983 Hierdie klippilaar wat ek regop gesit het, sal 'n tempel wees, en van alles wat U my gee, sal ek vir U 'n tiende gee.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en sal hierdie klip wat ek as gedenksteen opgerig het, 'n huis van God wees; en ek sal van alles wat U vir my gee, getrou tiendes aan U afstaan.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan sal hierdie klip wat ek regop gesit het sodat dit 'n gedenksteen kan wees, vir my 'n plek wees waar God is. Dan sal ek ook vir U 'n tiende teruggee van alles wat U vir my gee. Dit belowe ek.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Verder het hy gesê: “Die klip wat ek hier regop gesit het en wat soos ’n pilaar lyk, sal ’n simbool van die Here se teenwoordigheid wees. En, Here, van alles wat U my gee, sal ek ’n tiende aan U teruggee.”