Genesis 28:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Staan op, gaan na Paddan-Aram, na die huis van Betuel, jou moeder se vader; en neem vir jou daarvandaan 'n vrou uit die dogters van Laban, jou moeder se broer.
Afrikaans (NLV) 2011 Gaan eerder na Paddan-Aram toe, na die huis van jou oupa Betuel, en trou met een van jou oom Laban se dogters.
Afrikaans 1933/1953 Maak jou klaar, gaan na Paddan-Aram, na die huis van B,tuel, jou moeder se vader, en gaan haal vir jou daar 'n vrou uit die dogters van Laban, jou moeder se broer.
Afrikaans 1983 Gaan na Paddan-Aram toe, na die huis van jou ma se pa Betuel toe, en trou daar met 'n dogter van jou oom Laban.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maak gereed, gaan na Paddan-Aram, na die huis van Betuel, jou ma se pa, en bring vir jou daarvandaan 'n vrou uit die dogters van Laban, jou ma se broer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet na die land Paddan-Aram gaan, na jou oupa Betuel se familie toe, jy moet met een van die dogters van jou oom Laban trou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gaan liewers na jou oupa Betuel toe. Hy woon in Paddan-Aram. Loop trou eerder met een van jou oom Laban, jou ma se broer, se dogters.