Genesis 28:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het daardie plek Bet-el genoem, maar die naam van daardie stad is eers Lus genoem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy noem die plek toe Bet-El, “huis van God”. Die dorp daar naby was voorheen bekend as Lus. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het die plek Bet-el genoem; maar die naam van die stad was tevore Lus. |
| Afrikaans 1983 | Hy het die plek Bet-El genoem. Die stad was voorheen bekend as Lus. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het die plek Bet-El genoem; maar die naam van die dorp was vroeër Lus. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en hy het die plek Bet-El genoem. Die plek se naam was voorheen Lus. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jakob het die naam van die plek verander. Voorheen is die dorp Lus genoem, maar hy het dit na Bet-El verander. Dit beteken “Huis van God”. |