Genesis 28:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Jakob het die môre vroeg opgestaan en die klip wat hy vir sy kussings gesit het, geneem en dit as 'n pilaar opgerig en olie bo-op dit gegooi. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die volgende oggend staan hy vroeg op. Hy neem die klip by sy kop en sit dit regop as ’n gedenkteken. Daarna gooi hy olie daarop uit. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe staan Jakob die môre vroeg op en neem die klip wat hy onder sy hoof gesit het, en rig dit as 'n gedenksteen op; en hy het olie daaroor uitgegiet. |
| Afrikaans 1983 | Die volgende môre het Jakob opgestaan en hy het die klip wat sy kopkussing was, gevat en dit regop gesit. Toe giet hy olie op die bopunt daarvan uit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jakob het die oggend vroeg opgestaan en die klip wat hy as 'n kopstut neergesit het, geneem en dit as 'n gedenksteen opgerig. Hy het olie oor die bopunt daarvan uitgegiet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Jakob die oggend vroeg opstaan, neem hy die klip wat onder sy kop was, en hy sit dit regop sodat dit 'n gedenksteen kan wees. Hy het toe olyf-olie op die klip uitgegooi |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vroeg die volgende oggend het Jakob sy klipkussing gevat en dit regop gesit. Dit het toe soos ’n pilaar gelyk en hy het olie daarop uitgegiet. |