Genesis 28:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het bang geword en gesê: Hoe verskriklik is hierdie plek! dit is niks anders as die huis van God nie, en dit is die poort van die hemel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy was egter ook bang en het gesê: “Hoe vreesaanjaend is hierdie plek! Dis niks anders nie as die woning van God, die poort na die hemel!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het bevrees geword en gesê: Hoe vreeslik is hierdie plek! Dit is hier niks anders as 'n huis van God nie, en dit is hier die poort van die hemel. |
| Afrikaans 1983 | Jakob het bang geword en gesê: “Hoe skrikwekkend is hierdie plek! Dit is niks anders nie as die huis van God; dit is die poort van die hemel.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het bang geword en gesê: “Hoe vreesaanjaend is hierdie plek nie! Dit is niks anders as die huis van God nie. Dit is die poort na die hemel!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het bang geword en gesê: “Hierdie plek laat my bang word. Dit is die huis van God, dit weet ek nou, dit is die poort van die hemel.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vreesbevange sê hy toe: “Dis ’n verskriklike plek hierdie. Dis niks anders as die Here se blyplek nie. Daar waar ek geslaap het, begin die poort na die hemel toe.” |