Genesis 28:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, die HERE het daarbo gestaan en gesê: Ek is die HERE, die God van jou vader Abraham en die God van Isak; die land waarop jy lê, sal Ek dit aan jou gee en aan jou nageslag; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het aan die bokant van die leer gestaan en vir hom gesê: “Ek is die Here, die God van jou voorvader Abraham en die God van Isak. Die grond waarop jy lê, gee Ek vir jou en jou nageslag. |
| Afrikaans 1933/1953 | En kyk, die HERE het bo-aan gestaan en gesê: Ek is die HERE, die God van jou vader Abraham en die God van Isak. Die land waar jy op lê en slaap, sal Ek aan jou en jou nageslag gee; |
| Afrikaans 1983 | Toe kom staan die Here by Jakob en sê: “Ek is die Here die God van jou voorvader Abraham, die God van Isak. Ek sal die grond waarop jy lê, vir jou en jou nageslag gee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En kyk, die Here staan bo-aan die trappe en sê: “Ek is die Here, die God van jou voorvader Abraham, en die God van Isak. Die grond waarop jy lê – aan jou en jou nageslag gee Ek dit. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe kom staan die Here by hom en Hy sê vir Jakob: “Ek is die Here, die God van jou oupa Abraham en die God van jou pa Isak. Hierdie land waar jy nou is, sal Ek vir jou en jou nageslag gee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Skielik het die Here daar by hom gestaan en met hom gepraat: “Jakob, Ek is die Here, die God van jou oupa Abraham en jou pa, Isak. Die grond waarop jy nou lê en slaap, sal Ek eendag vir jou en jou nageslag gee. |