Genesis 28:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het gedroom, en daar staan 'n leer op die aarde, en die top daarvan reik tot aan die hemel; en kyk, die engele van God klim daarop en daal daarop neer.
Afrikaans (NLV) 2011 Dié nag droom hy dat hy ’n leer sien wat op die aarde staan met die bopunt in die hemel. Engele van God het daarmee op en af geklim.
Afrikaans 1933/1953 En hy het gedroom -- daar is 'n leer op die aarde opgerig waarvan die spits tot aan die hemel reik, terwyl die engele van God daarlangs opgeklim en daarlangs neergedaal het.
Afrikaans 1983 Hy het gedroom: 'n leer staan op die aarde en die punt van die leer raak aan die hemel, en engele van God klim op en af met die leer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy droom toe: Kyk, daar is trappe wat op die aarde staan, waarvan die bopunt na die hemel reik. Daar was boodskappers van God wat daarlangs op- en afgaan!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het gedroom dat daar 'n leer op die aarde staan, en die boonste punt van die leer is in die hemel. Die engele van God het op en af geklim teen die leer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wat ’n droom het hy nie gehad nie! Daar was ’n baie lang leer, van die grond tot bo by die hemel. Die engele van God het op en af met die leer geklim.