Genesis 28:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het op 'n sekere plek verlig en die hele nag daar gebly, omdat die son ondergegaan het; en hy het van die klippe van daardie plek geneem en dit vir sy kussings neergesit en op daardie plek gaan lê om te slaap. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Teen sononder kom hy by ’n geskikte plek aan waar hy kon oornag. Hy neem toe een van die klippe van die plek en sit dit by sy kop neer. Toe gaan lê hy om te slaap. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop kom hy by 'n plek waar hy die nag oorgebly het, want die son was al onder. En hy neem een van die klippe van die plek en sit dit onder sy hoof, en hy gaan lê en slaap op die plek. |
| Afrikaans 1983 | Teen sononder het hy by 'n plek gekom waar hy kon oornag. Hy het daar 'n klip vir 'n kopkussing gebruik en gaan lê en slaap. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy kom toe by 'n plek en oornag daar, want die son was al onder. Hy het een van die klippe van die plek geneem, dit as sy kopstut neergesit en op daardie plek gaan lê. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die son ondergegaan het, het hy by 'n plek gekom waar hy die nag kon slaap. Hy het 'n klip onder sy kop gesit en hy het aan die slaap geraak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Teen die aand se kant het hy by ’n plek gekom en besluit om sommer daar te oornag. Hy het een van die klippe wat daar rondgelê het, geneem en dit as kussing gebruik. Toe het hy net daar gaan lê en aan die slaap geraak. |