Genesis 28:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Isak het Jakob geroep en hom geseën en hom bevel gegee en vir hom gesê: Jy mag geen vrou uit die dogters van Kanaän neem nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Isak roep toe vir Jakob. Hy seën hom en sê: “Jy moenie met enige van hierdie Kanaänitiese vroue trou nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het Isak Jakob geroep en hom geseën; en hy het hom bevel gegee met die woorde: Jy mag geen vrou neem uit die dogters van Kanaän nie. |
| Afrikaans 1983 | Toe roep Isak vir Jakob en neem van hom afskeid en sê vir hom: “Jy mag nie met 'n Kanaänitiese meisie trou nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Isak het Jakob geroep en hom geseën. Hy het hom opdrag gegee en vir hom gesê: “Jy mag nie 'n vrou uit die Kanaänitiese vroue neem nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Isak het vir Jakob geroep en hy het hom geseën en gegroet. Hy het vir hom gesê: “Jy mag nie trou met 'n meisie van Kanaän nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Isak het Jakob toe geroep en vir hom gesê: “Moet tog nie met een van hierdie Kanaänitiese vroue trou nie. |