Genesis 27:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Gaan nou na die kleinvee en haal vir my daarvandaan twee goeie bokramme; en Ek sal vir jou vader vir jou lekker kos maak soos hy liefhet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gaan na die vee toe en bring vir my twee vet bokkies. Dan maak ek hulle gaar soos jou pa daarvan hou. |
| Afrikaans 1933/1953 | Loop nou na die kleinvee en gaan haal vir my daar twee mooi bokkies, dat ek jou vader daarvan 'n lekker ete kan maak soos hy dit graag wil hê. |
| Afrikaans 1983 | Gaan na die kleinvee toe en bring vir my twee vet bokkies. Dan sal ek hulle lekker gaarmaak soos jou pa daarvan hou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gaan na die kleinvee en bring vir my daarvandaan twee mooi bokkies, sodat ek hulle as 'n smaaklike gereg vir jou pa kan voorberei – soos hy daarvan hou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Gaan vang gou twee mooi bok-lammers. Ek sal hulle gaarmaak soos jou pa daarvan hou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gaan baie vinnig kraal toe en kry vir my twee lekker vet bokkies. Ek sal dit dan gaarmaak en vir jou pa sy lieflingdis voorsit. |