Genesis 27:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Bring vir my wildsvleis en maak vir my iets lekkers, dat ek kan eet en jou seën voor die aangesig van die HERE voor my dood. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | om wildsvleis te kry en gaar te maak soos hy daarvan hou. Hy wil Esau seën in die teenwoordigheid van die Here voordat hy sterf. |
| Afrikaans 1933/1953 | Bring vir my 'n stuk wild en maak vir my lekker ete, dat ek kan eet en jou kan seën voor die aangesig van die HERE voor my dood. |
| Afrikaans 1983 | ‘Gaan haal vir my 'n stukkie wild en maak dit vir my lekker gaar dat ek dit kan eet en ek jou dan in die teenwoordigheid van die Here kan seën voor ek sterf.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | ‘Bring vir my wildsvleis en berei vir my 'n smaaklike gereg voor, sodat ek kan eet en jou in die teenwoordigheid van die Here kan seën voor my dood.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | dat hy 'n bok moet gaan skiet en dat hy dit vir hom moet gaarmaak. Jou pa wil dit eet en dan wil hy vir Esau seën voordat hy sterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het gesê Esau moet vir hom ’n stukkie wild gaan skiet en lekker kos maak. Na die ete wil jou pa hom dan seën. Jou pa wil dit doen voordat hy sterf. Hy het ook gesê dit is die wil van die Here dat hy Esau seën. |