Genesis 27:46 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Rebekka vir Isak: Ek is moeg vir my lewe vanweë die dogters van Het;
Afrikaans (NLV) 2011 Rebekka praat toe met Isak: “Ek is nou moeg van hierdie plaaslike Hetitiese vroue. Ek sal liewer sterf as dat Jakob ook met een van hulle trou.”
Afrikaans 1933/1953 Verder sê Rebekka vir Isak: Ek is moeg vir my lewe vanweë die dogters van Het. As Jakob 'n vrou neem uit die dogters van Het, soos hulle is, uit die dogters van die land -- waarvoor lewe ek dan?
Afrikaans 1983 Rebekka het vir Isak gesê: “Ek is nou siek en sat van hierdie Hetitiese vrouens van Esau. As Jakob ook met Hetitiese meisies trou, met meisies soos hulle uit hierdie land, kan ek net so wel sterf.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Rebekka het vir Isak gesê: “Ek het 'n weersin in my lewe as gevolg van hierdie Hetitiese vroumense. As Jakob uit die Hetitiese vroue, uit die vroue van die land, 'n vrou neem soos hierdie twee – waarvoor leef ek dan?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Rebekka het vir Isak gesê: “Ek het nou genoeg gehad van die twee Hetitiese vroue van Esau. As Jakob ook 'n Hetitiese vrou neem soos hierdie skoondogters, dan wil ek nie meer lewe nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Rebekka was baie bitter oor Esau se vroue. Sy het dit ook reguit vir Isak gesê: “Hierdie Hetitiese vroue vergal my lewe. As Jakob ook nog met ’n Hetitiese meisie moet trou, met een van dié land se vroue, sal dit vir my bitter sleg wees.”