Genesis 27:42 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hierdie woorde van Esau, haar oudste seun, is aan Rebekka vertel, en sy het gestuur en Jakob, haar jongste seun, geroep en vir hom gesê: Kyk, jou broer Esau, wat jou aanraak, troos homself met die bedoeling om jou dood te maak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Esau se uitlatings is vir Rebekka oorvertel. Sy het vir Jakob laat roep en gesê: “Esau dreig om jou dood te maak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar toe hulle aan Rebekka die woorde van Esau, haar oudste seun, vertel, stuur sy en laat Jakob, haar jongste seun, roep en sê vir hom: Kyk, jou broer Esau sal hom op jou wreek deur jou dood te maak. |
| Afrikaans 1983 | Daar is aan Rebekka vertel wat haar oudste seun gesê het. Sy het toe haar jongste seun Jakob laat roep en vir hom gesê: “Pas op! Jou broer Esau is op wraak uit. Hy wil jou vermoor. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Rebekka ingelig is oor die woorde van haar oudste seun Esau, het sy haar jongste seun Jakob laat roep en vir hom gesê: “Kyk, jou broer Esau wil hom op jou wreek deur jou dood te maak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die slawe het vir Rebekka vertel wat haar oudste seun gesê het, en sy het iemand gestuur om vir Jakob te roep. Sy het vir hom gesê: “Pasop! Jou broer Esau is so kwaad dat hy jou wil doodmaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Rebekka het gehoor dat Esau, haar oudste kind, dit gesê het en sy het haar jongste, Jakob, gewaarsku: “Jou broer gaan wraak neem en jou doodmaak. |