Genesis 27:41 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Esau het Jakob gehaat vanweë die seën waarmee sy vader hom geseën het, en Esau het in sy hart gesê: Die dae van rou oor my vader is naby; dan sal ek my broer Jakob doodmaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Esau het Jakob gehaat omdat hy hom van sy seën beroof het. Hy sê toe vir homself: “My pa sal nie meer lank lewe nie. Wanneer hy sterf, maak ek vir Jakob dood.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Esau was Jakob vyandig gesind vanweë die seën waarmee sy vader hom geseënhet, en Esau het in sy hart gedink: Die dae van die rou oor my vader is naby; dan sal ek my broer Jakob doodmaak. |
| Afrikaans 1983 | Esau het vir Jakob gehaat oor die seën wat sy pa aan hom gegee het, en Esau het by homself gesê: “My pa se dood is nie meer ver nie, dan maak ek my broer Jakob dood.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Esau was vyandig teenoor Jakob oor die seën waarmee sy vader hom geseën het. Esau het in sy hart gesê: “Die dae van rou oor my pa kom nader; dan gaan ek my broer Jakob doodmaak.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Esau het vir Jakob gehaat omdat sy pa vir Jakob geseën het. Esau het gedink: My pa sal nie meer lank lewe nie, en wanneer hy dood is, dan sal ek vir Jakob doodmaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jakob het vir Esau gekul en Esau het hom begin haat. Esau het toe ’n besluit geneem: “Na my pa se dood gaan ek my broer doodmaak. Ek gaan net wag tot die routyd verby is.” |