Genesis 27:36 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê: Word Hy nie reg Jakob genoem nie? want hy het my al twee keer verdring: my eersgeboortereg het hy weggeneem; en kyk, nou het hy my seën weggeneem. En hy sê: Het jy nie vir my 'n seën behou nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Esau sê: “Dis geen wonder sy naam is Jakob nie, want dis nou al die tweede keer dat hy my bedrieg het. Eers het hy my eersgeboortereg gevat en nou het hy my seën gesteel. Ai, het Pa dan nie eers één seën vir my oor nie?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop sê hy: Sou hulle hom Jakob noem, omdat hy my nou twee keer onderkruip het? My eersgeboortereg het hy geneem, en daar het hy nou my seën geneem! Verder vra hy: Het u vir my geen seën oorgehou nie? |
| Afrikaans 1983 | Esau het geantwoord: “Hy word tereg Jakob genoem. Hy het my nou al twee keer bedrieg: hy het my reg as eersgeborene gevat en nou het hy my seën gevat.” Toe vra Esau: “Het Pa nie nog 'n seën vir my ook nie?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Esau het gesê: “Is dit omdat sy naam Jakob is dat hy my nou al twee keer bedrieg het? My eersgeboortereg het hy gevat, en kyk, nou het hy my seën gevat!” Toe vra Esau: “Het u nie vir my 'n seën uitgehou nie?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En Esau sê: “Ja, sy naam is Jakob, hy is skelm. Hy het my twee maal bedrieg. Hy het my regte gevat en nou het hy ook my seën gevat. Kan Pa my ook seën?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Hy is niks anders as ’n bedrieër nie,” het Esau geantwoord. “Hy het my nou al twee keer bedrieg. Eers het hy my geboortereg gevat en nou my seën. Sy naam is nie verniet Jakob nie, want hy is ’n regte bedrieër.” Esau het verleë gevra: “Pa, het Pa nie dalk vir my ook ’n stukkie seën gebêre nie?” |