Genesis 27:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Isak het baie gebewe en gesê: Wie? waar is hy wat wildsvleis geneem en dit vir my gebring het, en ek het van alles geëet voordat jy gekom het, en hom geseën het? ja, en hy sal geseën word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Isak was baie ontsteld en vra: “Nou wie was dit dan wat so pas vir my wildsvleis gegee het? Ek het dit reeds geëet en hom geseën voor jy gekom het en hy sal onherroeplik geseën bly.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe skrik Isak geweldig en sê: Wie is dit dan wat wild gejag en vir my gebring het? En ek het van alles geëet voordat jy gekom het, en hom geseën-- ook sal hy geseënd bly! |
| Afrikaans 1983 | Isak was toe baie ontsteld en hy vra: “Maar wie het dan die wild geskiet en vir my gebring? Ek het daarvan geëet net voor jy gekom het. Ek het hóm geseën, en hy sal geseën bly.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Isak het verskriklik aan die bewe gegaan en gevra: “Wie is dit dan wat wildsvleis gejag en vir my gebring het? Ek het van alles geëet voordat jy ingekom het, en ek het hom geseën. Hy sal dan ook geseënd wees!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe skrik Isak baie groot en hy begin bewe. Hy vra toe vir Esau: “Iemand het 'n wildsbok geskiet en hy het dit vir my gebring. Wie was dit? Ek het van alles geëet en ek het hom geseën voordat jy gekom het. En ek kan nie sy seën wegvat nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Isak was so ontsteld dat hy baie gebewe het. “Wie,” het hy gevra, “was dan netnou hier? Die man het dan ook van die jagveld gekom en vir my wildskos gegee. Net voor jy gekom het, het ek alles klaar geëet en hom geseën. Met hom sal dit daarom altyd voorspoedig gaan.” |