Genesis 27:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Isak klaar was met die seën van Jakob, en Jakob nog skaars weggegaan het van die aangesig van sy vader Isak, het sy broer Esau ingekom van sy jag af.
Afrikaans (NLV) 2011 Nadat sy pa hom geseën het, was Jakob skaars weg van Isak af, of sy broer Esau kom terug van die jag.
Afrikaans 1933/1953 Maar toe Isak Jakob klaar geseënhet en Jakob nog skaars van sy vader Isak af weggegaan het, kom sy broer Esau van die jag af,
Afrikaans 1983 Toe Isak vir Jakob klaar geseën het, en hy nog skaars by sy pa Isak uit was, kom sy broer Esau terug van die jag af.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Net toe Isak daarmee klaar was om Jakob te seën, en Jakob pas van sy vader Isak af na buite gegaan het, kom sy broer Esau terug van sy jagtog af.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) So het Isak vir Jakob geseën. Toe Jakob weggaan van sy pa, kom Esau terug uit die veld waar hy die wildsbok geskiet het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Isak het Jakob skaars klaar geseën en Jakob was net van sy pa af weg, toe Esau van sy jagtog terugkom.