Genesis 27:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Neem dan nou tog jou wapens, jou pylkoker en jou boog, en gaan uit na die veld en neem vir my wildsvleis; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vat jou boog en pylkoker, gaan veld toe en skiet vir my ’n wildsbok. |
| Afrikaans 1933/1953 | Neem dan nou tog jou wapens, jou pylkoker en jou boog, en gaan uit in die veld en jag vir my 'n stuk wild |
| Afrikaans 1983 | Vat nou jou skietgoed, jou pyl en boog, en gaan veld toe en skiet vir my 'n stukkie wild. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Neem nou jou jaggereedskap, jou pylkoker en jou boog, en gaan uit veld toe en jag vir my 'n stuk wild. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Neem asseblief jou pyl en boog en gaan skiet vir my 'n wildsbok in die veld. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vat nou jou skietgoed, jou pyl en boog, en gaan veld toe. Skiet daar vir my ’n stukkie wild. |