Genesis 27:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat mense U dien en nasies hulle voor U neerbuig; wees heerser oor jou broers, en laat die seuns van jou moeder hulle voor jou neerbuig; vervloek is elkeen wat jou vervloek, en geseënd is hy wat jou seën.
Afrikaans (NLV) 2011 Mag baie nasies jou dien. Jy sal heers oor jou familie en jou broers sal voor jou buig. Almal wat jou vervloek, sal self vervloek wees, en almal wat jou seën, sal ook geseën word.”
Afrikaans 1933/1953 Volke sal jou dien, en nasies voor jou neerbuig. Wees 'n heerser oor jou broers, en die seuns van jou moeder moet hulle voor jou neerbuig. Vervloek is hulle wat jou vloek, en geseënd hulle wat jou seën.
Afrikaans 1983 Volke sal jou dien, nasies sal voor jou buig; oor jou familie sal jy heers, jou broers sal voor jou buig. Wie 'n vervloeking oor jou uitspreek, sal self vervloek wees, wie jou seën, sal geseën wees.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Volke sal jou dien en nasies sal diep voor jou buig. Wees 'n heerser oor jou broers, sodat die seuns van jou moeder diep voor jou sal buig. Hulle wat jou vervloek, is vervloek, en hulle wat jou seën, is geseënd.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek bid dat ander volke jou sal dien en dat die mense van ander lande voor jou sal buig. Jy sal die hoof wees oor jou broer, en hy sal voor jou buig. As iemand jou vervloek, dan sal die Here hom vervloek, en as iemand jou seën, dan sal die Here hom seën.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Laat die volke jou dien en nasies eer aan jou betoon. Jy moet oor jou broers heers, jou ma se ander seuns sal voor jou buig. Wie jou vloek, sal net ellende ervaar, en wie jou seën, sal gelukkig wees.”