Genesis 27:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom gee God jou van die dou van die hemel en die vettigheid van die aarde en oorvloed koring en wyn.
Afrikaans (NLV) 2011 Mag God vir jou die dou van die hemel en die vrugbaarheid van die aarde gee sodat jy goeie oeste van graan en wyn sal hê.
Afrikaans 1933/1953 En mag God jou gee van die dou van die hemel en van die vet grond van die aarde en oorvloed van koring en mos.
Afrikaans 1983 God gee aan jou dou uit die hemel, die rykdom van die aarde: koring en wyn in oorvloed.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Mag God jou van die dou van die hemel gee, en die vrugbaarste dele van die aarde, 'n oorvloed koring en •nuwe wyn.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek bid dat God vir jou van die hemel se dou sal gee en die beste van alles wat uit die aarde kom. Ek bid dat jy baie koring en wyn sal hê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Mag die Here elke dag vir jou dou uit die hemel gee. Mag Hy jou van die aarde se goeie laat geniet: oorvloed van graan en wyn.