Genesis 27:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê: Bring dit na my toe, en ek sal van my seun se wildsvleis eet, dat my siel jou kan seën. En hy het dit na hom gebring, en hy het geëet; en hy het vir hom wyn gebring, en hy het gedrink. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe sê Isak: “Bring vir my die wildsvleis sodat ek dit kan eet. Dan sal ek jou my seën gee.” Jakob het dit vir hom gebring en Isak het geëet. Hy het ook die wyn gedrink wat Jakob bedien het. Toe sê Isak: |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê hy: Bring dit vir my nader, dat ek van die wildsvleis van my seun kan eet, sodat my siel jou kan seën. En hy het dit vir hom nader gebring, en hy het geëet. Hy het vir hom ook wyn gebring, en hy het gedrink. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê Isak: “Gee die wild aan dat ek daarvan kan eet, my seun, en jou dan kan seën.” Hy het dit vir hom aangegee en Isak het geëet, en Jakob het vir hom wyn gebring, en hy het dit gedrink. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy sê toe: “Bring die gereg vir my nader; ek wil van die wildsvleis van my seun eet, sodat ek jou kan seën.” Hy het dit vir hom nadergebring en hy het geëet. Hy het ook vir hom wyn gebring en hy het gedrink. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sê Isak: “My seun, bring vir my die wildsvleis, sodat ek daarvan kan eet, want Ek wil jou seën.” Jakob gee dit toe vir hom, en hy het geëet. Jakob het ook wyn vir hom gebring, en hy het dit gedrink. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Isak het gesê: “Sit die lekker kos vir my voor sodat ek my seun se wildsgereg kan eet en jou dan seën.” Hy het toe vir hom die kos en wyn gegee. |