Genesis 27:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het hom nie onderskei nie, omdat sy hande harig was soos die hande van sy broer Esau; daarom het hy hom geseën.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy kon Jakob nie herken nie omdat Jakob se hande net so harig soos dié van Esau gevoel het. Isak seën toe vir Jakob.
Afrikaans 1933/1953 Maar hy het hom nie geëien nie, omdat sy hande harig was soos sy broer Esau se hande; en hy het hom geseën.
Afrikaans 1983 Isak het nie vir Jakob herken nie, want sy hande was harig soos sy broer Esau s'n. Isak het toe vir Jakob geseën.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het hom egter nie herken nie, want sy arms was harig, soos sy broer Esau se arms. So het hy hom geseën.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Isak het nie geweet dat dit Jakob is nie, want Jakob se arms was vol hare soos sy broer Esau se arms. Isak het toe vir Jakob geseën.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Isak het niks agtergekom nie, want die hande was net so harig soos dié van Esau.