Genesis 27:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Isak vir Jakob: Kom tog nader, dat ek jou kan voel, my seun, of jy my seun Esau is of nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Isak sê toe vir Jakob: “Kom ’n bietjie hier dat ek aan jou kan vat om seker te maak jy is regtig Esau.”
Afrikaans 1933/1953 En Isak sê vir Jakob: Kom tog nader, dat ek jou kan betas, my seun, of jy waarlik my seun Esau is of nie.
Afrikaans 1983 Toe sê Isak vir Jakob: “Kom nader dat ek aan jou kan voel, my seun, of jy my seun Esau is of nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Isak sê toe vir Jakob: “Kom bietjie nader, sodat ek aan jou kan voel, my seun, of jy werklik my seun Esau is of nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Isak sê toe vir Jakob: “My seun, kom asseblief nader sodat ek aan jou kan voel. Is jy my seun Esau of nie?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Isak het toe vir Jakob gesê: “Kom ’n bietjie nader sodat ek kan voel of jy regtig my seun Esau is of nie.”