Genesis 27:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Isak vir sy seun: Hoe het jy dit so gou gekry, my seun? En hy sê: Omdat die HERE jou God dit vir my gebring het.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar Isak vra: “Hoe is dit dat jy dit so gou kon doen, my seun?” “Omdat die Here, u God, dit oor my pad laat kom het!” antwoord Jakob.
Afrikaans 1933/1953 Daarop het Isak aan sy seun gesê: Hoe het jy dit so gou gekry, my seun? En hy antwoord: Omdat die Here u God dit my laat teëkom het.
Afrikaans 1983 Maar Isak het vir hom gevra: “Hoe het jy dan die wild so gou gekry, my seun?” en Jakob het geantwoord: “Die Here u God het my dit laat raakloop.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe vra Isak vir sy seun: “Maar hoe het jy dit dan so gou gekry, my seun?” Hy het geantwoord: “Omdat die Here u God dit vir my so laat gebeur het.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe vra Isak vir sy seun: “Hoe het jy so gou 'n bok gekry, my seun?” En Jakob antwoord: “Die Here, Pa se God, het my gehelp om gou 'n bok te kry.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Isak wou egter weet hoe hy so vinnig die wild opgespoor het. Jakob het geantwoord: “Pa se God, die Here, het my gehelp.”