Genesis 27:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê: Kyk, ek is oud, ek ken nie die dag van my dood nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek is reeds ’n ou man,” sê Isak. “Ek kan enige dag sterf. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê hy: Kyk tog, ek het oud geword, ek weet die dag van my dood nie. |
| Afrikaans 1983 | Isak het vir hom gesê: “Kyk, ek is al oud en ek weet nie wanneer ek gaan sterf nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Isak sê toe: “Kyk, ek is oud. Ek ken nie my sterfdag nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sê Isak: “Ek is baie oud, en ek weet nie hoe lank ek nog sal lewe nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Isak sê toe vir hom: “Kyk, ek is oud en kan enige tyd sterf. |