Genesis 27:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Jakob vir sy vader: Ek is Esau, jou eersgeborene; Ek het gedoen soos U my beveel het: Staan tog op, sit en eet van my wildsvleis, dat U siel my kan seën. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jakob antwoord hom: “Ek is Esau, Pa se oudste seun. Ek het gemaak soos Pa gesê het. Kom sit regop en eet van die wildsvleis. Dan kan Pa my seën.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Jakob sê aan sy vader: Ek is Esau, u eersgeborene. Ek het gedoen soos u my beveel het. Rig u tog op, sit en eet van my wildsvleis, dat u siel my kan seën. |
| Afrikaans 1983 | Jakob het sy pa geantwoord: “Ek is Esau, Pa se oudste seun. Ek het gedoen wat Pa gesê het. Kom sit nou regop en eet van my wildsvleis sodat Pa my dan kan seën.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jakob sê toe vir sy vader: “Ek is Esau, u eersgeborene. Ek het gedoen wat u vir my gesê het. Kom regop, sit en eet van my wildsvleis, sodat u my kan seën.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jakob het vir sy pa gesê: “Ek is Pa se oudste seun Esau. Ek het gemaak soos Pa vir my gesê het. Sit asseblief regop en eet van my wildsvleis sodat Pa my kan seën.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jakob sê toe vir sy pa: “Dit is ek, Esau, Pa se oudste kind. Ek het gedoen soos Pa gesê het. Sit nou gemaklik sodat Pa van my lekker wildskos kan eet. Daarna kan Pa my seën.” |