Genesis 27:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit het gebeur dat toe Isak oud was en sy oë dof was, sodat hy nie kon sien nie, het hy sy oudste seun Esau geroep en vir hom gesê: My seun, en hy het vir hom gesê: Kyk, hier is ek.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Isak baie oud was en blind begin word het, roep hy Esau, die oudste seun, en sê: “My seun.” “Hier is ek,” antwoord Esau.
Afrikaans 1933/1953 Toe Isak oud geword het en sy oë swak was, sodat hy nie kon sien nie, het hy sy oudste seun Esau geroep en vir hom gesê: My seun! En hy het hom geantwoord: Hier is ek!
Afrikaans 1983 Toe Isak baie oud en al blind was, het hy sy oudste seun, Esau, geroep en vir hom gesê: “My seun!” en Esau het geantwoord: “Hier is ek!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Isak al oud was en sy oë so verswak het dat hy nie meer kon sien nie, het hy Esau, sy oudste seun, geroep en vir hom gesê: “My seun!” Hy het hom geantwoord: “Ja, pa?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Isak was al baie oud. Hy kon nie meer sien nie. Hy roep toe sy oudste seun Esau en hy sê vir hom: “My seun.” En Esau sê: “Hier is ek.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Isak al oud en amper blind was, het hy Esau geroep: “Seun, waar is jy?” Esau het geantwoord: “Hier’s ek, Pa.”