Genesis 26:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Abiméleg het Isak geroep en gesê: Kyk, sy is verseker jou vrou; en hoe het jy gesê: Sy is my suster? En Isak sê vir hom: Omdat ek gesê het: Ek sterf nie vir haar nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Abimelek het Isak laat roep en sê vir hom: “Sy is dan jou vrou! Hoekom het jy gesê sy is jou suster?” “Dis omdat ek bang was iemand maak my dood om haar in die hande te kry,” antwoord Isak.
Afrikaans 1933/1953 En Abim,leg het Isak geroep en gesê: Kyk, sy is dan tog jou vrou! Hoe kon jy dan verklaar: Sy is my suster? En Isak antwoord hom: Ja, ek het gedink ek kan miskien om haar ontwil my lewe verloor!
Afrikaans 1983 Abimelek het hom laat kom en vir hom gesê: “Maar sy is dan jou vrou! Hoekom het jy gesê sy is jou suster?” Isak het geantwoord: “Ek het gedink ek kan dalk doodgemaak word oor haar.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Abimeleg ontbied toe vir Isak en sê: “Maar sy is dan eintlik jou vrou! Hoe kon jy gesê het sy is jou suster?” Isak het hom geantwoord: “Omdat ek gedink het dat ek anders oor haar sou sterf.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe roep Abimelek vir Isak en hy sê vir hom: “Ek sien Rebekka is jou vrou. Hoekom het jy gesê sy is jou suster?” Isak het vir hom gesê: “Ek het gedink julle sal my doodmaak as ek sê sy is my vrou.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Abimelek het Isak laat roep en woedend gesê: “So, sy is nie jou suster nie, maar jou vrou! Hoe kon jy ons so mislei? Waarom het jy gesê sy is jou suster?” Isak het verleë geantwoord: “Ek was bang dat hulle my sou doodmaak as hulle hoor sy is my vrou.”