Genesis 26:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit het gebeur, toe hy 'n lang tyd daar was, dat Abimeleg, die koning van die Filistyne, by 'n venster uitkyk en gesien het, en kyk, Isak was besig om met sy vrou Rebekka te speel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Na hulle al ’n tyd lank daar gebly het, het Abimelek, die koning van die Filistyne, eendag deur die venster gesien hoe Isak vir Rebekka liefkoos. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe hy al 'n lang tyd daar was, kyk Abim,leg, die koning van die Filistyne, deur die venster uit en sien hoe Isak speel met Rebekka, sy vrou. |
| Afrikaans 1983 | Toe hy 'n lang ruk daar gebly het, het koning Abimelek van die Filistyne op 'n keer deur die venster gesien hoe Isak sy vrou Rebekka liefkoos. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Isak was al 'n lang tyd daar, toe kyk Abimeleg, die koning van die Filistyne, af deur die venster en sien – Isak liefkoos dan vir Rebekka, sy vrou! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Isak het lank daar gewoon. Toe koning Abimelek eendag by die venster uitkyk, sien hy hoe Isak sy vrou Rebekka in sy arms vashou en soen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Almal het hom geglo en vir ’n lang ruk het dit goed gegaan. Op ’n dag het Abimelek, die Filistynse koning, by sy venster uitgekyk en iets vreemds gesien: Isak was besig om sy vrou, Rebekka, te soen en te liefkoos. |